Juan Venter
Juan Venter
Juan Venter 2
Juan Venter
Juan Venter 3
Juan Venter
Sielsrus op die Chobe - Adriaan van Zyl
Juan Venter
Singvalk - Adriaan van Zyl
Juan Venter
Surfer on the rock - Juan Venter
Surfer on the rock - Juan Venter
White Eye -Juan Venter
White Eye -Juan Venter

Tafelberg Fotografie Klub

Tafelberg is ʼn unieke klub!

Dit is ʼn klub wat iets vir almal het. Van die professionele fotograaf – die stokperdjie fotograaf – tot ʼn beginner fotograaf. Ons wil iets bied vir elkeen wat lief is vir fotografie. Dit is ʼn klub waar jy kan groei en mense met dieselfde passie ontmoet. Hier help ons jou -om jouself te help om beter foto’s te neem en te verwerk. Ons help jou om teen jouself te kompeteer met die doel om jou eie foto’s te verbeter. Elkeen is uniek en het ʼn unieke belangstelling en styl. Ons wil jou help om jou unieke styl van fotografie te ondek en te vier! Ons wil dit vir jou lekker maak om jou passie vir fotografie uit te leef!

Blaai gerus deur ons webtuiste en kyk na ons foto’s!

Jy is welkom om ʼn byeenkoms by te woon- Laat weet ons net dat ons vir jou welkom kan sê

Verder aan op ons webblad sal jy ons kontakbesonderhede, inligting omtrent ons ledegelde asook ‘n aansluitingsvorm vind. Die program hou jou op hoogte van vaardigheidsontwikkelings- en kompetisie-aande en op die kompetisieblad spog ons met die uitslae van die klubkompetisies asook salonne.

Loer gerus na ons foto’s – dis ons passie. Ons het ʼn facebook bladsy wat ons doen en late vertoon. Tafelberg Fotografieklub is lid van die (Photographic Society of South Africa) en die Western Cape  Photographic Forum (WCPF)