Tuisblad   Kalender   Galery   Info   Nuus   Salonprogram   Kontak Ons  
Latest News
2011 Wes-Kaap Interklub
Die jaarlikse Wes-Kaap interklub het op Vrydag 28 Oktober 2011 in die CR Louw ouditorium van Sanlam in Bellville plaasgevind.  Die gasheerklub was Fish Hoek Photographic Society onder leiding van Rob Tarr.  Die verrigtinge het seepglad verloop en Rob en sy span het hul puik van hul taak gekwyt.

Die beoordeelaars was Pieter Malan, Elsa Hoffmann, Uschi Stewart en Cameron Ewart-Smith.  Elkeen moes 'n punt uit 15 toeken wat bymekaargetel is tot 'n punt uit 60.  Die wenners is bepaal deur die hoogste punt wat aan 'n foto toegeken is.  Indien 2 foto's dieselfde punt ontvang het en om dieselfde plek meegeding het, het die beoordeelaars besluit watter foto in 'n spesifieke posisie geplaas moet word. 

Hier onder is die detail van elke klub se punte asook hulle posisies in die verskillende mediums. Gaan kyk gerus na die wenners in die verskillende afdelings op bl 1 en hoe die Taffies se foto's gevaar het op bl 2
Ons is baie trots op die prestasie van TAFklub wat 1ste plek behaal het in die Gedrukte afdeling.  Ons was 3de in die Digitale afdeling en het in die 2de Algehele posisie geëindig.  Wel gedaan Taffies!
1ste Plek in Gedrukte afdeling

 
2de Algehele plek

Klub
Club

Gedrukte Medium
Printed Medium

Digitalte Medium
Printed Medium

Algeheel
Overall

Totaal
Total

Posisie
Position

Totaal
Total

Posisie
Position

Totaal
Total

Posisie
Position

Cape Town 447 6 506 1 953 3
Creative Camera Club 451 5 442 6 893 6
Fish Hoek 479 2 506 1 985 1
Helderberg 468 3 466 5 934 4
Hermanus 0 Nvt 494 2 494 7
Tafelberg 490 1 477 3 967 2
Tygerberg 460 4 472 4 932 5
West Coast 0 Nvt 424 7 424 8
  Tuisblad Bokant Nuus